MOSSELBAAI NUUS - Op Woensdag, 30 Januarie het drie verdagtes, gewapen met twee messe en 'n kapmes, die Patrick's-restaurant in Marshstraat beroof. Die voorval het om ongeveer 02:10 gebeur.
Volgens die polisie het die verdagtes toegang tot die restaurant verkry deur die agterdeur oop te breek.
Daar was twee werknemers in die restaurant wat ten tye van die voorval geld getel het.
Hulle is met die wapens aangehou en vasgebind waarna die verdagtes met R50 000 kontant gevlug het en die video-beeldmateriaal verwyder het. Die werknemers kon daarin slaag om hulself los te woel en hulp te ontbied.
Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, ao Erard Briel te kontak by 060 525 3848.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'