MOSSELBAAI NUUS - Reserviste verbonde aan die Da Gamaskop-polisie is geloof vir hulle optrede die week, toe hulle in die JCC-woongebied op 'n vuurwapen en 51 rondes ammunisie beslag gelê het.
Inligting wat vanuit die gemeenskap ontvang en opgevolg is, het gelei tot 'n optrede by 'n spaza-winkel waarby die reserviste, asook lede van die polisie se eenheid vir openbare orde betrokke was.
Die reservist-konstabels betrokke by die suksesvolle optrede is Bertram Sampson en Deon Booysen.
Tydens 'n optrede is daar op hierdie vuurwapen en 51 rondes ammunisie beslag gelê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'