MOSSEL BAY NEWS - Die volgende vermoedelik gesteelde goedere is op verskeie plekke in die Da Gamaskop-polisie se bedieningsarea verlate gevind.
Die areas sluit in die industriële gebied in Voorbaai, Shell Truckport in Voorbaai, die kloof in D’Almeida, die treinspoor naby Diasstrand en in Levendalstraat in Uitbreiding 8.
Die goedere is tans in die besit van die Da Gamaskop-polisie wat versoek dat die regmatige eienaars ao Anito Pio sal kontak (044 606 2200) vir uitkenning.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'