MOSSELBAAI NUUS - Die department gesondheid se mobiele uitreik-aksie om lede van die gemeenskap teen Covid-19 in te ent, het vanoggend in Klein-Brakrivier talle gelok. Mossel Bay advertiser-vryskutfotograaf, Elain van der Toorn het ‘n draai by die inentingslokaal gemaak en hierdie foto geneem.
In ‘n verklaring vandag, het die Mosselbaai-munisipaliteit inwoners fo 60 jaar opnuut aangemoedig om die vir die intentingsprogram te registreer.
“Indien u nie geregistreer het nie, is kanse skraal dat u ingeënt kan word,” lui die verklaring.”
Namate meer persone vir die inenting registreer, sal meer entstof beskikbaar gestel kan word aan die Wes-Kaap, het die LUR vir landbou in die provinsie, Minister Ivan Meyer onlangs in Mosselbaai gesê.
Die registrasieproses kan op 'n velerlei maniere gedoen word: -
- Besoek gerus www.westerncape.gov.za en klik op die skakel, of
- skakel * 134 * 832 # en volg die aanwysings (GRATIS op alle Suid-Afrikaanse netwerke), of
- WhatsApp die woord REGISTER na 0600 123456.
“Indien u ouer as 60-jaar is en geregistreer is vir u COVID-19-entstof, kan u 'n SMS van die departement gesondheid verwag wat u registrasie bevestig.”
Die mobiele uitreik-aksie in Klein Brakrivier. Mossel Bay advertiser-vryskutfotograaf, Elain van der Toorn het ‘n draai by die inentingslokaal gemaak en hierdie foto geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'