Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met reënbuie wat steeds oor ‘n wye gebied neersif, het verskeie lesers van die Mossel Bay Advertiser hul reënvalsyfers gemeet en deurgegee.
Foto’s, video's en kommentare van opregte dank vir die sagte reën wat sedert Vrydag val, is oral op sosiale media-platforms te siene.
Van die lesings wat deur lesers geneem is, lyk soos volg: Mosselbaai Sentraal – 36mm, Danabaai – 26mm, Hartenbos – 38mm.
‘n Boer uit Klein Brak berig dat hulle vanoggend reeds 50mm gemeet het en dat daar verder op in die Moordkuilrivier se opvangsgebied tot dubbeld soveel gemeet is.
“Dis heerlike sagte reën en ons sien nog nêrens tekens van skade nie. Ons juig en is so dankbaar.”
Boere in die Ruiterbos- en Hamelkop-omgewing berig dat onderskeidelik 70mm en 78mm gemeet is.
Uit Herbertsdale berig boere langs die Gouritsrivier, ‘n lesing van 41mm.
Stuur gerus enige verder uitslae, foto’s en video's na mba@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'