MOSSELBAAI NUUS - Redakteur van die Oudsthoorn Courant, Hannes Visser, ook bekroonde joernalis, rubriek- en kortverhaalskrywer het Vrydagaand, 24 Mei sy debuut-digbundel, Die jaar toe pa... by die Monroe Teater in Mosselbaai bespreek.
Visser se voorlesings van hierdie besonderse bundel, asook sy bespreking van elke gedig was 'n treffer.
Hannes Visser en sy vrou Manda (middel) op die rooi tapyt by die Monroe Teater saam met Joan Carstens tydens die bekendstelling van Hannes se digbundel, Die jaar toe pa...
Die Mosselbaai Kunstevereniging se Jeanne Pienaar en Abe Meintjes was ook by die bekendstelling.
Paul en Elma Roos saam met Hannes Visser tydens die bekendstelling van sy digbundel, Die jaar toe pa...
Twee trotse aanhangers en vorige leerders van Hannes Visser tydens sy onderwysdae, met sy debuut-digbundel tydens die bekendstelling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'