In ‘n verklaring vanaf die munisipaliteit sê die administrateur, Kam Chetty, dat hulle oorval is met oproepe en klagtes oor die aangeleentheid aangesien Vuyisa ‘n munisipale amptenaar is. In die verklaring sê Chetty dat die saak dringend ondersoek word om te bepaal of Vuyisa die skrywer van die kommentaar was en of hy, soos op Facebook gesê word, ‘n bestuurder by die munisipaliteit is.
Chetty het die versekering gegee dat rassisme nie geduld word nie en dat daar geen onderskeid op grond van ras of kleur gemaak word nie.
Vuyisa het in ‘n gesprek met die Oudtshoorn Courant gesê die kommentaar was in woede gelewer op ‘n blad waar daar verskeie kwetsende opmerkings oor swartes gemaak is. Volgens hom blyk dit dat die rassistiese opmerkings op die blad begin het met plasings wat verwys het na die betogings wat tans by universiteite aan die gang is. ‘n Opmerking oor swartes het volgens hom ‘n hele reeks reaksies gehad.
