Kinders van so jonk as 12 jaar oud, is by hierdie onwettige aktiwiteite betrokke. Alhoewel die DBV regdeur die jaar die klagtes ontvang, vind hulle dat die probleem baie erger tydens skool vakansies is.
Die DBV wil ouers vermaan om meer betrokke by hul kinders se aktiwiteite te wees en te weet waar hulle kinders is. Om ‘n dier voos te ry of te slaan of op enige manier te beseer is ‘n oortreding onder die Dierebeskermingswet, en oortreders sal vervolg word.
"Perde eienaars moet asseblief hul perde snags naby die huise laat wei en die perde nie sonder toesig laat nie," het Bruyns bygevoeg.