MOSSELBAAI NUUS - Plaaslike radiostasie, SFM het weekliks op Dinsdagoggende gespreksgeleenthede met lede van die polisiestasies in Mosselbaai om die gemeenskap in te lig oor misdaad.
Tydens die gesprekke word die gemeenskap ook geaktiveer om deel te neem aan misdaad-voorkomingsinisiatiewe.
"Ons is baie dankbaar teenoor SFM vir die geleentheid en kan werklik sê dat hierdie geleenthede 'n verskil in die stryd teen misdaad maak", sê kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie, kapt Wollie Fourie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'