MOSSELBAAI NUUS - Die Voortrekkers, ‘n bekende kultuurbeweging is vanjaar 90 jaar oud.
As deel van hulle Gaan Groot 90-vieringe betrek hulle alle radio-amateurs, nasionaal en ook in Namibië om op Jeugdag aan ‘n spesiale feesroepsein deel te neem.
Hierdie buitengewone feesroepsein (ZS90VTK) word vanaf die dak van die Voortrekkermonument geaktiveer. “Die idee is om soveel moontlik radio-amateurs te laat deelneem, ook in Mosselbaai,” berig radio-amateur en lid van die Blaize Away MOTH-bomskuiling, Anthony Janse van Rensburg. “Ons skakel in vanaf die bomskuiling se perseel in Montagustraat. Alle belangstellendes, veral jongmense is welkom om te kom kyk en deel te neem van 13:00.”
Vir meer inligting, kontak Anthony Janse van Rensburg (082 467 3365).
Die geleentheid vind plaas in die klipgeboutjie, bekend as The Carpenter Shop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'