MOSSELBAAI NUUS - Twee van die Da Gamaskop-polisie se groot staatmakers reservis-konstabel Deon Booysen en Delia Riddels se hande staan vir niks verkeerd nie.
Nie net is hulle altyd êrens betrokke by die suksesvolle aankeer van misdadigers nie, maar hulle bring ook hulle kant wat gemeenskapswerk betref. Verlede maand het hulle saam met sers Caroline Stemmet van die stasie ingespring om Sandkasteel-kleuterskool se buitemuurverf op te knap.
Die muurskildery is oorspronklik deur James Malgas geverf.
Op Maandag, 10 Junie het die twee weer polisielede ao Meyer en kst Petersen bygestaan in die suksesvolle arrestasie van twee huisbraakverdagtes wat verbind word met 'n saak in Groot-Brakrivier.
Die hoof van visuele polisiëring, lt kol Chris Meiring het Riddels en Booysen bedank vir hulle toegewyde diens aan die polisie en ook die gemeenskap.
Sersant Caroline Stemmet (regs) saam met Delia Riddels en Deon Booysen besig met die opknapping van verfwerk aan Sandkasteel-kleuterskool se buitemuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'