MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit nooi inwoners om verantwoordelik ontslae te raak van gevaarlike huishoudelike afval tydens 'n opedag op 11 September by die parkeerarea agter die stadsaal.
Personeel sal vanaf 08:00 tot 14:30 gereed wees om gevaarlike huishoudelike afval te ontvang.
Wat is gevaarlike afval?
- Motorolie, oliefilters, remvloeistof
- Gebruike teenvriesmiddel
- Verf, verfverdunner, terpentyn
- Plaagdoders of onkruiddoders
- Huishoudelike batterye
- Ou televisiestelle, rekenaartoebehore en elektroniese toestelle
- Ou motorbande
- Fluoorbuise en gloeilampe
- Huishoudelike mediese afval soos naalde en ou medisyne en tablette
Wat word nie aanvaar nie?
- Plofstowwe
- Ammunisie
- Radioaktiewe materiale
- Wetlik-beheerde medisyne
Addisionele inligting?
- Bring die afval in ‘n sterk houer, verkieslik die oorspronklike verpakking en merk die houer.
- Moet nooit gevaarlike items meng nie.
- As gegolf van permitvereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem sal van u verwag word dat u bereid moet wees om u houer saam met die gevaarlike afval in te gee.
Kontak Sivuyile Mtila (044 606 5143) met navrae.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinorete nuus'