GROOT BRAKRIVIER NUUS - Inwoners wat gevaarlike huishoudelike afval by die huis het en nie weet hoe om wettig daarvan ontslae te raak nie kan dit na die kantore van die Mosselbaai-munisipaliteit op Groot-Brakrivier neem.
Dié geleentheid vind plaas op 28 Maart en die kantore sal oop wees vanaf 08:30 tot 14:30.
Items wat inwoners kan aflewer sluit in: motorolie, oliefilters, remvloeistof, vriesteenmiddel, verf, verfverdunner, plaagdoders, huishoudelike batterye, televisiestelle, motorbande, gloeilampe, naalde en ou medisyne.
Die volgende items, sal nie op die perseel aanvaar word nie: plofstof, ammunisie, radio-aktiewe materiale en wetlikbeheerde medisyne.
Die munisipaliteit versoek dat inwoners die items in 'n sterk kardondoos sal aflewer.
Vir meer inligting, kontak Sivuyile Mtila (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'