MOSSELBAAI NUUS - Op 13 September het die sosio-ekonomiese dienste portfoliokomitee van Mosselbaai-munisipaliteit, onder die leiding van raadslid Venolea Fortuin, portfoliokomiteevoorsitter, besoek aan die The Haven-nagskuiling afgelê om meer oor die werksaamhede en funksie van die The Haven-nagskuiling te wete te kom.
Raadslede kon hulself vergewis van die dienste wat deur die nagskuiling gelewer word.
Die bestuurder van die The Haven-nagskuiling, Piet Maree, het verduidelik wat die werk behels en hoe hulle hawelose mense met hul familie herenig.
The Haven-nagskuiling was onlangs gasheer vir raadslede van die Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'