MOSSELBAAI NUUS - Op 13 September het die Sosio-ekonomiese dienste portfoliokomitee van Mosselbaai-munisipaliteit, onder die leiding van Raadslid Venolea Fortuin, portfoliokomiteevoorsitter, besoek aan die The Haven-nagskuiling afgelê om meer oor die werksaamhede en funksie van die The Haven-nagskuiling te wete te kom.
Raadslede kon hulself vergewis van die dienste wat deur die Nagskuiling gelewer word.
Die bestuurder van die The Haven-nagskuiling, Piet Maree, het verduidelik wat die Haven se werk behels en hoe hulle te werk gaan om hawelose mense met hul familie te herenig.
Die munisipale raad bedank die vir die werk wat hulle in die dorp verrig.
Munisipale raadslede en personeel van die Haven-nagskuiling in Mosselbaai.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'