MOSSELBAAI NUUS - Drie leerders van Hoërskool Punt het presteer in die Eden Sentrale Karoo-streekskompetisie wat deur die Eskom Ekspo vir jong wetenskaplikes aangebied is.
Die kompetisie het op 29 en 30 Julie in George plaasgevind met 68 leerders van verskillende skole wat deelgeneem het.
Bianca Fitzgerald en Nathan Mattheus, graad 10, het 'n ondersoek gedoen na die interaksie tussen haaie en mense in Mosselbaai.
Hulle het ’n silwermedalje vir hul ondersoek ontvang en is ook kategoriewenners in die veekunde-afdeling.
Abigail Marais, graad 9, het aan die ingenieurs-afdeling deelgeneem, en met haar ontwerp van ‘n geutskoonmaker, verwerf sy ‘n goue medalje, asook ‘n spesiale toekenning vir die mees innoverende ontwerp in die afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'