MOSSELBAAI SKOLENUUS - Op Saterdag, 7 Maart het verskeie Hoërskool Punt-sportspanne aan die Loerie-sportdag deelgeneem.
Dit was uiters warm en die spanne moes alles gee tydens hulle eerste wedstryde van die seisoen.
Rugby
Die volgende Punt-rugbyspanne het aan die sportdag deelgeneem:
Die o/15A-span het eerste gespeel en wen die wedstryd teen Knysna oortuigend 29-6. Die span het goeie, aanvallende rugby gespeel en is vir seker reg vir die seisoen.
Die o/16A-span begin ook die seisoen baie goed deur Wittedrift 35-0 te klop. Dit voorspel groot dinge vir die seisoen wat voorlê.
Die o/19A's het teen Oakdale B te staan gekom en verloor 7-47. Die wedstryd is in baie goeie gees gespeel en Punt se afrigters en spelers is baie tevrede met die kombinasies en spelpatroon wat getoets is. "Ons sien uit na 'n goeie 2020-seisoen."
Spelers van die wedstryd:
- o/15: Cameron Joubert
- o/16: Dylan Boshoff
- o/19B: Agterspeler: Heinrich Kamineth
- o/19A: Voorspeler: Luluma Magusha
Hokkie
o/16A-seuns:
Gelykop 0 elk teen Langehoven Gimnasium; wen 2-0 teen Wittedrift; verloor 0-1 teen Knysna
o/19B-meisies:
Verloor 0-1 teen Knysna se o/19A; gelykop 0 elk teen Struisies o/19B; gelykop 0 elk teen Wittedrift o/19A.
Die meisies o/18B-hokkiespan. Voor: Ché-lyn Gower, Daneil Ruiters, Douwleen Conradie en Zenith Seconds. Agter: Anke de Swart, Zeonelda Pieterse, Amelea Canary, Nina Kolesky, Elaine van der Berg, Lindy de Wet, Bonny Young, Elizmor Olivier en me C D'Elboux (afrigter).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'