MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 8 Februarie was dit weer Hoërskool Punt se jaarlikse vlotvaart.
Hierdie gebeurtenis is een van die Visse se hoogtepunte op die jaarprogram. Die leerders kan aan enige van die aktiwiteite deelneem. Daar is natuurlik ook die spanne wat voluit gaan met hul uitrustings vir die dag.
Vlotvaart, bou van sandkastele, Mnr en Me Santos, touchies, toutrek en nog vele meer aktiwiteite is aangebied. Dit was 'n heerlike sonskyndag en die leerders het hulself terdeë geniet.
Personeel en ouers het, met die toutrek, die skare omtrent vermaak met hul pogings om regop te bly in die sand.
Die dag is afgesluit met die kies van Mnr en Me Santos.
Vanjaar se wenners is soos volg:
- Me Santos junior: Jané du Preez; Mnr Santos junior: Wayne Smith.
- 1ste prinses: Ezané Taylor; 1ste prins: Stefan Fourie.
- 2de prinses: Jandri Snyders; 2de prins: Jacques Fourie.
- Me Santos: Corita Louw; Mnr Santos: Hansie Barnard.
- 1ste prinses: Meghan Young; 2de prins: Taegan van Niekerk.
- 2ste prinses: Andrea Kommer; 2de prins: Ernest Lamprecht.
Jo-Mari Engelbrecht en Terena Botha.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'