MOSSELBAAI NUUS - Die Jong Musikante Kompetisie 2023 is op 9 Junie deur die George Musiekvereniging aangebied.
Drie leerders van Hoërskool Punt, onder leiding van me Louise van Wyk-Visser, het met hul musikale talente skoonskip gemaak.
Karl Conradie, ‘n graad 11-leerder, ontvang die trofee vir die beste snaarinstrument met kitaar as instrument. Die trofee vir die beste saksofoon is aan Matth Domingo in graad 10 toegeken.
Maia Leonard, ‘n graad 11-leerder, ontvang die fluittrofee en sluit die kompetisie af met 'n algehele tweede posisie en 'n kontantprys van R3 000.
Sy is ook na die Prestigious Royal College of Music in London genooi om gedurende Julie meesterklasse in fluit daar te ontvang. Hoërskool Punt is baie trots op dié soliste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’