MOSSELBAAI NUUS - Die Punt in Mosselbaai is nou maar een maal ‘n ikoniese landmerk en sy gewildheid onder inwoners en besoekers is ook onteenseglik.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het sopas ‘n verdere gedeelte van die Punt verfraai en opgeknap, nadat werk gedurende die uiters besige seisoentyd nie kon plaasvind nie.
Vanweë die toestroming van besoekers, was Die Punt-area tydens die feestyd ontoeganklik vir werkspanne.
Gras is ook nou aangeplant en gevestig, juis om ‘n piekniek-atmosfeer te skep vir diegene wat onder meer die roomys-stalletjies besoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'