MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se klub, WISH (Wees Iemand Se Held) kon verlede kwartaal genoeg kruideniersware insamel om 25 gesinne te help.
'n Kompetisie is gehou waar Punt se registerklasse teen mekaar kompeteer het om te kyk wie die meeste kruideniersware vir behoeftige gesinne kan insamel. Die wenners was die 9A3-klas met 282 items. Hulle het 'n civvie-dag gewen. In die tweede plek was 11E1 met 91 items en in die derde plek was 10A5 met 72 items. Hulle het onderskeidelik kolwyntjies en lekkers gewen. In totaal is 584 items ingesamel.
WISH bedank elke leerder en ouer wat 'n bydrae gemaak het. WISH samel steeds deur die jaar kruideniersware en toiletware in vir verspreiding aan gesinne wat dit benodig.
Leerders en ouers wat bydraes wil maak (kruideniersware, toiletware en speelgoed) of 'n borgskap of finansiële bydrae wil maak tot Punt se jaarlikse Kerspakkies (behoeftige gesinne, Môreson-kinderhuis en Bethesda-hospitaal), kan dit afgee by Hoërskool Punt of me Van Staden kontak by die skool.
Me Freda Pieterse en haar graad 9A3-klas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'