MOSSELBAAI NUUS - ACVV Huis Elsjé bestaan sedert 8 Julie 2008 waar daar gespesialiseer word in die versorging van persone met Demensie, waarvan Alzheimer se Siekte die bekendste tipe is.
Die tehuis is geregistreer as 'n gemeenskapsgesondheids instelling(nr 28)” by die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, asook as verswakte sorg by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en is gelisensieer om 36 pasiënte te huisves en lewer ‘n omvattende versorgings-diens 24/7.
ACVV Huis Loral (Hartenbos) spesialiseer in die versorging van verswakte ouer persone en is gelisensieer om 19 pasiënte te huisves en lewer ook ‘n omvattende versorgings-diens 24/7.
Mnr Gert Meiring is die bestuurder van beide fasiliteite.
Een van die inwoners van Huis Elsje, mev Lena Marx, het onlangs haar 94ste verjaarsdag gevier en mnr Phillip Viljoen (Fonteinepark) sy 99ste!
‘n Kerssangdiens is onlangs by Huis Elsjé deur die NG Moedergemeente, Mosselbaai aangebied waar Kersliedere gesing is en ‘n kort diens deur ds Gerrie van Deventer gelei is waarna die inwoners bederf is met heerlike eetgoed, voorberei deur die kerk.
Inwoners en personeel van Huis Elsjé tydens die baie spesiale Kerssangdiens wat deur ds Gerrie van Deventer gelei is.
Die Gereformeerde Kerk het die inwoners van Huis Loural bederf met ‘n Kersbraai en ‘n plaaslike gaskunstenaar, Hennie Mouton en daar is vir ieder en elk (inwoner en personeellid) ‘n geskenkie gegee.
Mev Lena Marx van Huis Elsjé het onlangs haar 94ste verjaarsdag gevier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'