MOSSELBAAI NUUS - In 2014 het die Mossel Bay Advertiser 'n reeks artikels gepubliseer aangaande vader Thomas Lighton, destyds verbonde aan die St Thomas Katolieke Kerk en sy kunstalent. Vince Rayne, wat navorsing oor dié kerk se geskiedenis gedoen het, het van Ligthon se skilderye op 'n huis se plafon ontdek en daarmee saam, 'n kykie van hoe Mosselbaai en omgewing vroeër jare kon gelyk het.
Rayne het tydens sy navorsing verder bevind dat vader Ligthon later in Aliwal-Noord gevestig het.
Soos die artikels oor Lighton se kuns verskyn het, is nog van sy skilderye elders buite Mosselbaai ontdek. Die mees onlangse, van sover as Limpopo.
Twee predikante
Reino Mostert, 'n senior aanklaer by die nasionale vervolgingsgesag op Louis Trichardt, hou sedert die negentigerjare op Suiderkruis vakansie. Sy ouers, 'n predikantspaar het daar afgetree.
Reino se pa prof GS Mostert is in 2012 oorlede. Nadat sy ma in 2016 na Groenkloof-aftreeoord verhuis het, het Reino twee skilderye, een van die Lesotho-hooglande en 'n plaastoneel in die Noordoos-Kaap gekry wat sy pa destyds, tydens sy ampstydperk in Aliwal-Noord gekoop het.
"My pa is in 1964 na sy eerste gemeente Aliwal-Noord, beroep waar ek gebore is. In die tyd wat my pa predikant was in Aliwal, het hy die skilderye by 'n Rooms-Katolieke priester gekoop wat geld bymekaar wou maak om na Europa te reis na die Vatikaan toe.
Professor GS Mostert het tydens sy ampstydperk in Aliwal-Noord van vader Thomas Lighton se skilderye gekoop. Lighton het van sy kinderjare op Mosselbaai deurgebring en verskeie skilderye van die omgewing gemaak.
"My pa het maar altyd 'n oop hand gehad en dat hy iets gekry het vir sy hulp, was 'n bonus."
Reino vertel dat die skilderye, onderteken deur 'n ene Thomas Lighton, van hy kon onthou in die sitkamer gehang het.
"Dit was esteties mooi en het duursaam gelyk. Omdat my pa toe hy in Aliwal-Noord was, gemeentelede op verafgeleë plase in Lesotho en in die Jamestown-omgewing moes besoek was die skilderye vir hom 'n terugblik hierop.
"Ek het maar altyd gewonder of hulle nie dalk iets werd is nie aangesien ek Claerhout al gekoop het en hy ook 'n skilderende vader was in dieselfde omgewing waar Lighton werksaam was."
Tydens 'n Google-soektog na "Thomas Lighton Catholic Priest Aliwal Noord", het Reino se nuuskierigheid hom na Mosselbaai gelei.
"Ons het nogal gewonder of die skilderye nie dalk die pot goud onder die reënboog is nie, maar nou ja, dit is seker nie Irma Stern nie.
Die ander skildery van Thomas Lighton wat prof Mostert gekoop het.
"Reino vertel dat hy sy pDie ander skildery van Thomas Lighton wat prof Mostert gekoop het. baie na veilings op Groot Brak vergesel het. Hy het 'n oog vir iets moois gehad en kunslesse gekry. Op sy oudag het hy selfs 'n paar mooi sketse gemaak, veral van die Bosveld."
Volgens inligting bekom deur Vince Rayne, was vader Thomas Lighton 'n monsignor, 'n honorêre titel deur die pous toegeken aan sekere priesters, ten tye van sy afsterwe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'