ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het op Vrydag, 1 Maart hulle eerste fondswerwing op die sportveld gehou met die tema A Trip Around the World.
Die onderskeie stalletjies het lande soos Hawaii, Duitsland, Amerika, Nederland, Malaysia en nog meer uitgebeeld. Ouers en familie van die leerders het die byeenkoms terdeë geniet.
Enkele van die dag se hoogtepunte was die tradisionele boeresport, onder meer sakresies en eier en lepel wedlope. Die kos het soos soetkoek verkoop.
Die skoolhoof, Samuel Crowley het as programleier die dag se verrigtinge gelei en die sport saam die leerders en hul ouers geniet. 'n Donkiekar is ook ingespan om die jongklomp rond te ry. Volgens Rene Kiewiet was die geldinsameling 'n reusesukses. Die skool bedank die gemeenskap, leerders en hul ouers vir almal se ondersteuning.
Die ouergemeenskap het heerlik meege-doen aan die onderskeie items.
Die donkiekar met die jonspan agterop was baie gewild.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'