MOSSELBAAI NUUS - ZJ Hulpsentrum se leerders pronk die dorp vol saam met Blu, die ETHAN-projek se gelukbringer om bewusmaking te skep vir outismemaand wat in April gevier word.
Plaaslike besighede word besoek waar die sentrum se leerders pamflette uitdeel en geselsies aanknoop.
"Dankie aan almal vir hul vriendelikheid en verdraagsaamheid. Spesiale dank aan Hannes en sy mense by Roman's Pizza, Langeberg Mall, vir jul gasvryheid, ondersteuning en bederf."
Die publiek word herinner om op die uitkyk te wees vir die leerders en natuurlik Blu die komende drie weke.
"Ons hoop om almal Vrydag, 5 April te sien vir die jaarlikse outimse-straatparade."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'