MOSSELBAAI NUUS - Die Premier van die Wes-Kaapse provinsiale regering, Helen Zille en haar span ministers het op Dinsdag, 4 September, 'n koördineringsvergadering met die burgemeesters en munisipale bestuurders van al die plaaslike owerhede in die provinsie op Mosselbaai gehou.
Verskeie interessante onderwerpe is op die byeenkoms se agenda en die premier en ministers sal verskeie projekte, onder meer die Pinnacle Point-grotte persoonlik besoek, onder meer om beslag te gee aan die voorgenome Paleontologiese-roete wat in die vooruitsig gestel word.
Onder meer het die outeur van die boek "How to steal a city" sy insigte oor wat in Nelson Mandelabaai gebeur het met die groep gedeel, en het verskeie kenners, onder meer wetstoepassers hul ondervinding van die effektiewe hantering van grondgrype binne munisipale verband oorgedra.
Daar was ook geleentheid om infrastrukturrprojekte in die streek in perspektief te neem om te verseker dat doelgerig by die gestelde doelwitte gehou word.
Hierdie tipe koördinering vind kwartaalliks plaas om te verseker dat effektiewe samewerking tussen die provinsiale regering en munisipaliteite verbeter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'