MOSSELBAAI NUUS - Tydens die April-vergadering van die Vroue Landbouvereniging (VLV) se Hartenbos-tak, was Albri Woodward die gasspreker waartydens sy van haar pragtige visse wat sy van skulpies en dryfhout maak, uitgestal het.
"Sy het aan die lede en gaste demonstreer hoe sy 'n protea met mosselskulpe maak. Wat 'n besondere kunswerk. Twee pragtige proteas is vir 'n gelukstrekking geskenk en is deur een van die lede gewen."
Dit was werklik 'n baie leersame aanbieding, sê Rolien Smit van Hartenbos VLV.
VLV Hartenbos nooi belangstellendes om by hul aan te sluit en saam aktiwiteite te geniet.
Vir navrae kontak Rolien Smit (076 151 9607).
Albri Woodward besig om te demonstreer hoe om 'n protea van mosselskulpe te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’