MOSSELBAAI NUUS - Vanuit die Midbrak-buurtwag is die Praatsaam-groep gevorm, juis omdat die mense gevoel het dat hulle mekaar beter wou leer ken op 'n meer informele manier en dat buurtwag eksklusief moet bly.
Flink het die Praatsaam-lede (daar is tans 94) begin geselsies uitruil oor enige nuus wat hulle met mekaar wou deel, hetsy dit nou is van iemand wat 'n nutsman ken, hulp nodig het, of iets het om te verkoop.
Oor die afgelope jaar het 'n behoefte ontstaan om mekaar werklik te ontmoet en dus is daar 'n geleentheid geskep vir 'n skaapbraai by die Rheebok-rolbalklub.
Hulp het vinnig ingestroom en Michelle Bester het as koördineerder opgetree met die hulp van nog vrywilliges.
Tergelykertyd, het dit nog 'n doel gedien en dit was om die Midbrak-buurtwag te betrek en te bevorder sodat hulle ook almal beter kon leer ken.
Die geleentheid het ook as 'n fondsinsameling gedien en R7 000 is ingesamel ten bate van die buurtwag.
Jaques Radley vertel dat hul in totaal 60 lede in Midbrak-buurtwag het waarvan 47 aktief is en skofte werk om seker te maak dat mense in die omgewing van Klein Brak, Rheebok, Tergniet en Suiderkruis veilig voel.
Anton Dellemijn, Margariet Neilson, Michelle Bester, Jacques Radley vorm die komitee.
Die plaaslike raadslid, Anton Dellemijn, is ook 'n lid van die buurtwag groep.
Namate die aand verloop het, het daar 'n familieband onder die Praatsamers onwikkel wat groot geselsies uitgeruil het. Die aand het op 'n hoë noot geëindig met goeie musiek en vrolike danspassies.
Sakkie Grobler, Corné Griessel saam met Jacques Radley van die buurtwag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'