MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Powertown, Klein-Brakrivier het op Dinsdag, 19 Junie oor behuisingskwessies betoog. Die optog het vreedsaam verloop en 'n sterk polisieteenwoordigheid is deurgaans gehandhaaf.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het die inwoners besoek en 'n memorandum met versoeke is aan hom oorhandig. Die Mosselbaai-munisipaliteit het aan betogende inwoners die versekering gegee dat hulle binne sewe dae op die memorandum sal reageer waarna die optog ontbind het.
Talle inwoners van Powertown is reeds na Sonskynvallei hervestig, waarna die grond tot 'n vleiland gerehabiliteer sal word. Die woongebied is onder die 1:100 vloedlyn geleë en dus aan 'n vloedgevaar onderhewig.
Baie inwoners weier egter om te hervestig. Hulle sê Powertown is hul huis, dat dit aan hulle bekend is en dat hulle nie sal trek nie.
Die inwoners het op 'n oop stuk veld bymekaargekom.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal ontvang 'n memorandum van Powertown-inwoners.
Die polisie was deurgaans teenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'