Regter ET Steyn het vanoggend slotbetoë van regsverteenwoordigers in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai aangehoor.
Lesley-Ann se liggaam is op 18 April 2015 tussen riete in Powertown, gevind. Sy is verwurg en vermoedelik verkrag.
Die staat se regsverteenwoordiger het vanoggend aangevoer dat die hof nie met direkte getuienis in die saak werk nie, maar wel met omstandigheidsgetuienis. Hy het gesê een van die belangrikste feite in die saak is dat Mowers se semen by Lesley-Ann gekry is.
Volgens hom, is die enigste redelike afleiding dat Mowers die misdrywe gepleeg het en skuldig bevind moet word op al drie aanklagte.
Advokaat Carstens, vir die verdediging, het egter aan Steyn gesê ‘n bewys van semen is nie noodwendig ‘n aanduiding van verkragting nie.
Volgens hom kon iemand die oorledene ook met ‘n kondoom verkrag het. Steyn het aan die regsverteenwoordigers gesê dat dit vir haar ‘n moeilike saak is, en sy sal Woensdagoggend uitspraak lewer.
- Powertown-moorde: Verhoor in hooggeregshof
- Powertown-moorde: Verhoor begin vandag
- Powertown murders: Case in high court
- Powertown-moorde: Verdagte dié week in hof
- Opvolg: Powertown-moorde
- Powertown-moordverdagte in hof
- Speurder vertel van Powertown-ondersoek
- Man vas vir Powertown-moorde
- Roudiens vir 3 vermoorde tieners
- Inwoners kom op lyk af
- Gemeenskap leef in vrees.
- Urgent community meeting after body found
- Opvolg: Tienermeisie se oorskot gevind