Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Da Gamaskop-polisie het op Woensdag, 11 November saam langs die viswaters gestaan as deel van ‘n spanbougeleentheid onder die vaandel van Men For Change.
Die Men For Change-struktuur is in 2004 geskep binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens om kwessies rakende geslagsgeweld asook ander uitdagings wat mans in die gesig staar, aan te spreek.
Onder leiding van waarmende stasiebevelvoerder lt kol Maurice van Egmond en die hoof van ondersteuningsdienste, lt kol Chris Meiring, het van die lede vandeesweek vir die eerste keer in hulle lewens ‘n visstok vasgehou en op die koop toe ‘n byt aan die lyn gekry.
Fotogalery: Da Gamaskop-polisie hou spanbou
Die aktiwiteit was daarop gemik om die lede ook aan ‘n alternatiewe vorm van ontspanning bloot te stel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'