MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek ‘n saak van dronkbestuur, oproerige gedrag, aanranding op ‘n polisiebeampte en die gebruik van vuiltaal na ‘n motorbotsing omstreeks 14:30 vandag op Louis Fourieweg by Boland Park.
‘n Vrou, wat onder die invloed van drank bestuur het, het by ‘n interseksie by Boland Park van agter in die voertuig van ‘n senior bestuurslid van die Da Gamaskop-polisie vasgery.
Toe die polisiebeampte uit sy voertuig klim om ondersoek in te stel, het die vrou se passasier, ‘n onbekende man, handgemeen met die polisiebeamptge geraak en moes hy onder bedwang gebring word.
Die polisiebeampte het versterkings ontbied en beide die man en vrou is in hegtenis geneem. Hulle sal in die plaaslike landdroshof verskyn op die aanklagte teen hulle.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'