MOSSELBAAI NUUS - 'n Inskrywing deur 'n leser op die Mossel Bay Advertiser se Facebookblad het tot strafregtelike aanklagte teen dié persoon gelei.
Nadat die Mossel Bay Advertiser berig het oor Vryheidsdagvieringe by 'n plaaslike hoërskool, het die leser beweer dat daar tydens dié byeenkoms dreigemente teen die lewe van raadslid Dawid Kamfer gemaak is.
Die beweringe kon nie deur joernaliste van die Mossel Bay Advertiser bevestig word nie.
Raadslid Kamfer beskou egter die dreigemente in 'n baie ernstige lig en het die Mosselbaai-polisie gevra om ondersoek in te stel na aanleiding van die Facebook-plasing.
"Klagtes, beide van intimidasie en poging tot moord, sal ondersoek word," het raadslid Kamfer gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'