Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Polisiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie is vanoggend in ‘n botsing op die Friemersheimpad dood.
Die 34-jarige konstabel het om ongeveer 07:00 met sy Ford Ranger in die rigting van Groot-Brakrivier gery toe hy teen ‘n broodafleweringsvoertuig gebots het.
Hy was nie aandiens nie. ‘n Jong man wat saam met hom in die bakkie was, het die voorval oorleef en het geen beserings opgedoen nie.
Die bestuurder en sy passasier van die ander voertuig is met veelvuldige beserings na ‘n hospitaal afgevoer.
Polisiekommunikasiebeampte, sersant Laurianne Botha doen 'n beroep op motoriste om weens digte mis in die gebied stadig te ry.
Die Friemersheimpad sal vir ‘n geruime tyd gesluit wees. Die oorledene se identiteit is aan die Mossel Bay Advertiser bekend maar word op versoek weerhou sodat sy familielede eers van sy dood ingelig kan word.
Vorige artikel: Traffic Alert: Accident on Friemersheim road
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'