MOSSELBAAI NUUS - 'n Polisiebeampte verbonde aan die KwaNonqaba-polisiestasie, sers Eugene Thomas (38) is gisteraand, op Donderdag, 30 Junie oorlede.
Volgens die polisie se kommunikasiembeampte, ao Kappie Kapp het Thomas homself na bewering geskiet.
Die voorval het om ongeveer 21:20 in St Blaizestraat, Uitbreiding 8 op Mosselbaai plaasgevind.
Die omstandighede van Thomas se dood word ondersoek.
Hy is op die toneel dood verklaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'