MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie waarsku die publiek om bedag te wees op bedrogslenters.
Polisiewoordvoerder ao Pieter Koekemoer sê wanneer lede van die publiek produkte aanlyn koop of verkoop, daar seker gemaak moet word dat dit geldig is.
"Werk deur middel van verwysings of slegs met persone wat jy ken."
Adjudant-offisier Koekemoer stel voor dat daar van Google Maps gebruik gemaak word om adresse van besighede te bevestig. "Indien jy nie die perseel kan opspoor nie, bestaan die besigheid waarskynlik nie. Kontak gerus die polisie om adresse te bevestig." Adjudant-offisier Koekemoer stel ook voor dat inwoners slegs van 'n bank gebruik maak wanneer dit by finansiële transaksies kom. "As iets te goed klink om waar te wees, is dit. Indien jy 'n prys of geld wen, sal daar nooit op sosiale media om jou bankbesonderhede en pinkodes gevra word nie." Volgens ao Koekemoer hanteer die polisie gereeld sake van bedrog wat eintlik voorkom kon word. "Die publiek moet opnuut weer oplettend wees en bewus wees dat daar misdadigers is wat u geld wil steel."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'