MOSSELBAAI NUUS - Dit is reeds agt dae sedert Dilene Michaels (26), 'n inwoner van Groot-Brakriver vermis geraak het. Michaels, wat ook bekend is as Moedertjie is laas op 28 Februarie gesien toe sy langs Voorbrugweg gestap het.
Polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha sê Dilene woon by Jonqwa op Voorbrug en is laas tussen 07:00 en 07:30 gesien terwyl sy na haar werk gestap het.
Dilene is bekend in die gemeenskap en werk by verskeie huishoudings as huishulp. Sy het ook tuinwerk gedoen.
Volgens die polisie is haar skoene en kosblik langs die pad naby Voorbrugweg gevind. Sy het 'n blou denim, Springbok T-hemp en swart baadjie aangehad.
"Ons speurders het die toneel waar Michaels laas gesien is gefynkam. Ons het deur die bosse gestap en het die omgewing deursoek maar daar is geen teken van haar nie," sê Botha.
"Ons het die hulp van die publiek nodig om haar op te spoor. Enige inligting word verwelkom."
Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao Scheepters te kontak (044 620 8300).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'