MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n diefstalsaak waarin in 'n kliënt glo 'n deposito vir die bou van 'n afdak betaal het en die werk nooit gelewer is nie.
Die verdagte in die saak, Ettiene Janse van Noordwyk het glo R4 000 as deposito ontvang om 'n skadunet-afdak by die kliënt se woning op te rig.
Die deposito is in April vanjaar betaal, maar die werk is steeds nie gelewer nie.
Enige persoon met inligting aangaande die verdagte, word versoek om ao M du Plessis te kontak by die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling (044 606 2235).
Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word en positiewe inligting sal beloon word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'