MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek klagtes van bedrog teen 'n besigheid van Groot-Brakrivier bekend as Master Trailers.
Na bewering het Malcolm Miles Leonard van Master Trailers geadverteer dat hy sleepwaens bou.
Hy het voornemende kliënte 'n deposito gevra, maar het nooit die eindproduk gelewer of die deposito terugbetaal nie.
Verskeie bedrogsake is reeds by die polisie teen Leonard aanhangig gemaak, maar die KwaNonqaba-polisie se ondersoekbeampte, sers Rudi Swanepoel (082 488 0536 of 044 606 5600) vra enige slagoffers wat ingeloop is maar straks nog nie dit aangemeld het nie, om hom persoonlik te kontak.
Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'