MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-polisie is op soek na enige inligting wat kan bydra tot die opspoor van die bestuurder van 'n voertuig betrokke in 'n tref-en-trap-ongeluk.
Op 18 Oktober is 'n 29-jarige voetganger omstreeks 12:00 op Louis Fourieweg tussen Mikeva en die Grunterstraatafrit deur 'n wit Opel Corsa getref.
Die voetganger is beseer in die ongeluk en moes hospitaalbehandeling vir sy beserings ontvang.
Die Mosselbaai-polisie ondersoek 'n klag van roekelose en nalatige bestuur en versoek enige persoon met inligting om die ondersoekbeampte, ao Erard Briel (060 525 3848 of 044 606 2841) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'