MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai is op soek na hierdie verdagte wat twee studente in hul vroeë 20's onlangs by 'n oop veld agter die Suid-Kaap Kollege met 'n mes gedreig en beroof het.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die voorval het op Donderdag, 23 Mei om ongeveer 10:40 gebeur.
Die slagoffers is van 'n Samsung-selfoon en 'n kontantbedrag van R50 beroof. Die verdagte het daarna in die rigting van KwaNonqaba gehardloop.
Enige persoon wat inligting het kan sers Ruhan du Plooy kontak (061 159 6146). Positiewe inligting sal beloon word. "Ons doen 'n beroep op inwoners om nie van afgeleë roetes gebruik te maak nie."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'