MOSSELBAAI NUUS - As gevolg van verskeie klagtes van dwelmsmokkellary in Tarka, het die polisie besluit om gereelde dwelmoperasies en bedekte optredes teen dwelmhandelaars te hou.
Met die gevolg is dat daar beslag gelê is op 'n groot dwelmvonds by een van die dwelmpersele en verskeie arrestasies is gemaak vir die besit van dwelms en dwelmhandel.
"Dwelmpersele sal gemonitor word en teen opgetree word indien die handel voortgaan," aldus die Mosselbaai-polisiestasie se kommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer.
Van die dwelms wat gevind is tydens 'n bedekte optrede in Tarka.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'