Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS - Op Dinsdag, 24 April is 'n gesamentlike dwelmoperasie deur die Mosselbaai-polisiestasie, in samewerking met raadslede en amptenare van die Mosselbaai-munisipaliteit by die taxistaanplek in die middedorp uitgevoer.
Die operasie, onder leiding van sers Heinrich Hansen, het om 14:00 begin.
Polisiebeamptes, ao Amanda Lordon, kst Zola Njesa, sersante Paris Sibhozo, Sheldon Abrahams en ao Heinrich Shoultz het eers die perseel van Sammy's Gold Traders deursoek.
Raadslede Anton Dellemijn en Niklaas Booisen, asook die onderburgemeester Dirk Kotze asook die dorp se stadsbeplanner, het saam met polisiebeamptes die perseel betree.
Klagtes sluit in dat mense in persele onwettig bewoon waaruit ook hulle besighede bedryf word. Na bewering, word geesteelde goedere ook in die area verkoop of geruil vir dwelms.
Woonkwartiere in 'n haglike toestande is ook agter die taxistaanplek deursoek en die polisie het op die dwelm tik, dagga en asook gebruikte spuitnaalde beslag gelê.
Konstabel Zola Njesa soek na nog dwelms nadat tik op die perseel gekry is.
Een verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van tik en is met die polisievoertuig na die aanhoudingselle geneem.
Die optrede volg daarop dat die gebied as 'n dwelmnes en afsetpunt vir misdaad deur die polisie beskryf word.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Dwelmoperasie by Taxistaanplek
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'