MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie maan dat daar 'n toename is in voorvalle waar niksvermoedende slagoffers vroegoggend van veral hul handsakke, maar ook ander waardevolle artikels beroof word.
Veral vroue word gemaan teen gewapende rowers wat veral met messe mense vanaf ongeveer 06:00 soggens op straat voorkeer, dreig en beroof.
Benewens Mayixhaleweg, word voorvalle toenemend aangemeld ook in Gozanastraat en Mawawastraat.
Die polisie vra dat mense wat vroegoggend, veral in die donker, liefs in groepe moet loop en nie opsigtelik waardevolle items met hulle moet saamdra nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'