GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier doen 'n beroep op inwoners om saans hul deure en vensters gesluit te hou.
Dit volg op 'n huisbraak in Buffelstraat, Fraaiuitsig die afgelope Sondag.
Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha sê die verdagte het om 02:10 deur middel van 'n oop venster toegang tot die huis verkry.
Die verdagte het met kontant en 'n selfoon gevlug en is steeds op vryevoet. Meer inligting is nie tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'