MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Da Gamaskop-polisie het op Vrydag, 22 Februarie aan 'n pamfletveldtog deelgeneem in die Langeberg Mall.
Die doel daarvan was om die gemeenskap bewus te maak van die volgende:
- die toename in huisbrake in die Hartenbos-omgewing
- betrokkenheid van die gemeenskap by die buurtwag te bevorder
- voorkomingswenke ten opsigte van huisbrake, besigheidsbronne en motorkapings.
Lede van die gemeenskap (middel) saam met SAPD-lede Zas en Igna tydens 'n veldtog vir bewusmaking teen misdaad verlede week.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'