GROOT BRAKRIVIER NUUS - Lede van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, onder leiding van sers Laurianne Botha het inwoners van die Wolwedans-woongebied op Vrydag, 20 Augustus by die ingang van dié woongebied met interdikte vir gesinsgeweld bygestaan.
Botha het die geleentheid vroeër op sosiale media bemark en gesê enige persoon in die gemeenskap kan slegs 'n identiteitsdokument saam bring en dan aansoek doen vir 'n beskermingsbevel waar gesinsgeweld gepleeg is.
Botha sê daar is tydens die betrokke dag vir minstens 20 interdikte aansoek gedoen.
"Die gemeenskap het die inisiatief baie goed ontvang en daar was 'n versoek dat ons hulle weekliks so sal probeer bystaan."
Die volgende geleentheid vind Vrydag 27 Augustus, om 13:00 in dieselfde gebied plaas.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'