MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie is op soek na 'n verdagte, Quinton Clarke Smith (34) in verband met die diefstal van 'n fiets.
Die fiets is gedurende Januarie vanjaar by die ATKV-gronde in Hartenbos gesteel.
Enige persoon met inligting ten opsigte van die verdagte of die fiets, word versoek om die ondersoekbeampte sers Thami Canda te kontak (044 606 2212).
Die gesteelde fiets.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'