MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool het sedert 1 Februarie 12 plaaslike jongmense wat diens doen as deel van die Departement van Basiese Onderrig se program vir Fase 4 skoolassistente.
Die opvoedkundige en algemene assistente word aangestel om onderwysers te ondersteun. Een assistent wissel tussen 'n paar onderwysers en help met administratiewe en ander take. Hulle gee glad nie onderrig nie.
Volgens een van die assistente, Morgan Muller is dit vir hulle 'n groot seëning om terug in die skoolomgewing te wees waar hulle 'n bydrae kan lewer tot die jeug se toekoms. "Ons kry ook die geleentheid om kursusse te volg om meer vaardighede te leer. Dis vir ons lekker om meer van die ouer garde te leer wat eens ons onderwysers was en saam met wie ons nou werk. Ons sien baie uit na die jaar wat voorlê."
Morgan Muller in die voorgrond met die ander interne assistente in die skool se biblioteek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'