MOSSELBAAI NUUS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied, Saterdag 8 Oktober, 'n Pienkstap op Mosselbaai aan. Dit begin om 08:00 vind vanaf die Bahia Bleu restaurant by Diaz Hotel plaas.
Die eerste 20 inskrywings op Quicket kry ‘n gratis koffie saam met hulle ontbyt, as hulle na die tyd by Bahia Bleu gaan eet.
Deelnemers kan voor die tyd inskryf op Quicket – https://qkt.io/lEzwiL of op die dag van die stap, vanaf 07:00.
Deelnemers moet in pienk geklee wees en daat sal ook twee pryse wees vir besgeklede deelnemers. Inskrywings is R70 vir volwassenes en R30 vir kinders onder 12.
Vir verdere inligting kontak Adri Odendaal (072 133 0444 of aodendaal@cansa.org.za) van Kansa.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'